EntertainmentNewsNews

‘n Roos én ‘n melktert na Manie Jackson vernoem

‘n Roos én ‘n melktert na Manie Jackson vernoem

Die Vaal se geliefde sanger Manie Jackson (maar hulle deel hom met graagte met die res van Suid-Afrika) spog reeds met ‘n roos wat na hom vernoem is, en nou gaan daar ook amptelik ‘n melktert na hom vernoem word.

Ludwig Rose was die voorloper en die amptlike aankondiging en oorhandiging van die Manie Jackson Roos vind in Oktober plaas.
Maar daar is ook nou ‘n Manie Jackson Melktert (en soos hy self sê: nee dit is nie een van sy girls van jare terug nie).
Vrydag, 30 April om 11:00, oorhandig Treats and All in Rossini-boulevard, Vanderbijlpark amptelik die tert aan Manie.
Manie nooi sy aanhangers om te kom inloer en hallo te kom sê. IFM 102.2 se buite-uitsending sal daar wees en daar sal ook worsbroodjies te koop wees.
Manie Jackson spog met ‘n roos én ‘n melktert wat na hom vernoem is.

Related Articles

Back to top button