NewsNews

Vuiste klap tydens skool-gholfdag

Die veelbesproke bakleiery op die gholfbaan wat op video vasglê is en die hele land aan die gons het, het op Vrydag 9 April by die Maccauvlei-gholfklub, een van die oudste gholfklubs in die land, in Vereeniging gebeur.

VEREENIGING. – Twee plaaslike sakemanne het glo oor ‘n selfoon gestry voordat die vuiste by die negende putjie geklap het.

Die voorval het tydens ‘n gholfdag van die Laerskool Vryheidsmonument plaasgevind.

Die negende putjie by Maccauvlei, waar vuiste op 9 April geklap het tydens ‘n skool-gholfdag. Foto: Christiaan Cloete

Die name van die twee mans wat baklei is aan Vaalweekblad bekend. Die een is by ‘n instandhoudingsmaatskappy betrokke en die ander een by ‘n sekuriteitsmaatskappy.

‘n Vlagpaal is as wapen gebruik tydens die geveg.

Volgens Leon Kruger, die algemene bestuurder van die gholfklub, is dit die eerste keer in die vyftien jaar wat hy bestuurder by die gholfklub is wat so iets gebeur.

Die een bakleier gryp die ander een se hemp.

Volgens Kruger stel die bakleiery die gholfklub en die skool in ‘n swak lig.

Die geveg het by Maccauvlei gebeur. Foto: Verskaf

Hy sê nie een van die mans is lede van die gholfklub nie.

Die negende putjie by Maccauvlei waar die vuiste geklap het. Foto: Christiaan Coete

“Indien hulle was sou hulle sumier geskors word weens hul optrede.”

Volgens Kruger het die voorval laatmiddag gebeur nadat albei partye glo al baie te drink gehad het.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Vuiste klap by Maccauvlei tydens skool-gholfdag

 

Related Articles

Back to top button