NewsNews

Outisme – Aanvaar en ondersteun

Outisme – Aanvaar en ondersteun

Aanvaar en ondersteun mense met outisme eerder as om te staar en te oordeel.

7 April word jaarliks gevier as Wêreld Gesondheidsdag en op 2 April was dit Outisme bewusmakingsdag. Nadya Rabé en Mirna Myburgh van Chalkboard Champs in Vanderbijlpark spesialiseer in die opleiding en versorging van kinders met spesiale behoeftes.

Nadya se seun, Carel (15) is kleintyd met outisme gediagnoseer. Sy verstaan hoe moeilik dit vir ouers en kinders kan wees. “Die moeilikste is om te aanvaar dat jou kind nie neuro-tipies is nie. Ek kon sien dat Carel anders was, maar dit was eers nadat hy gediagnoseer is, wat ek hom kon begin help het”, verduidelik sy.

Outisme beïnvloed veral ‘n kind se sosiale vaardighede. Nie alle mense met outisme toon dieselfde simptome nie en baie daarvan kan met ander toestande oorvleuel, soos byboorbeeld disleksie of obsessiewe kompulsiewe versteuring.

Mirna sê ‘n kind met outisme sien en beleef dinge anders as ander mense. “Hulle is vasgevang in hul eie wêreld en weet nie altyd hoe om te kommunikeer nie. Hulle hele wese werk anders as die res van ons. Hulle verstaan nie hul eie emosies nie en kan maklik “meltdowns” hê wanneer dinge vir hulle te veel word.”

“Dis vir ouers baie moeilik om kinders met outisme te hanteer. Ek onthou hoe ek gesukkel het”, vertel Nadya. “Die ergste is as ander mense hulle aan jou en jou kind vergaap, terwyl hy skop en skree omdat hy skielik in ‘n vreemde situasie, tussen vreemde mense met te veel stimuli is.

Niemand kan dit beheer nie en dit kan nie altyd verhoed word nie, want soos enige ander kind moet ‘n kind met outisme ook na al die plekke soos tandartse, dokters, skool en winkels toe gaan. As mense maar weet hoe moeg en moedeloos mens party dae voel, en skaam, want jy weet ander oordeel. Ek doen ‘n beroep op ander om in so ‘n geval, eerder jou hulp aan te bied as wat jy staar of judge.”

Lees die oorspronklike berig hier:

Outisme – Aanvaar en ondersteun

 

Related Articles

Back to top button