NewsNews

Ontmoet Tasiu, die mak Mynah

Daar was een aand skree-geluide in hul tuin ... en daar lê ‘n voëltjie van sowat 10cm onder die boom en skree.

Dit was hoe Ptasiu (wat in Pools voël beteken) sy verskyning in Lucyna Czapig (60) se lewe gemaak het.

Sy en haar seun woon reeds die afgelope 30 jaar in Vanderbijlpark en hoewel hulle van Poolse afkoms is, kan hulle goed Afrikaans praat. Tasiu (hoe hy genoem word) is ‘n mak Mynah-voëltjie wat intussen ‘n permanente plekke in sy mens-ma se hart geskrop het. “My seun het Tasiu daardie aand opgetel en in die huis ingebring. Ons het nie geweet wat se voëltjie dit was nie. Ons wou net keer dat ’n kat hom nie vang nie,” vertel Lucyna.

Tasiu is vyf tot ses keer per dag met ‘n spuit gevoer. Die Czapigs het al die regte inligting op die internet gevolg. Weke het in maande verander en Tasiu was deel van die gesin. In Februarie was Tasiu reeds ‘n jaar deel van die Czapig-gesin.

Tasiu toe hy nog daagliks gevoer moes word.

“Hy het so vinnig in ons harte gekruip. Daar is baie om te vertel hoe oulik hy is,” sê Lucyna. Om alles te kroon is Tasiu se bekkie glad … hy praat en sit letterlik op sy ma se kop. “Hy hou daarvan om op my kop te sit en probeer dan nes bou met my hare,” vertel Lucyna. Tasiu kan sowat 10 tot 15 woorde praat. Maar dis Poolse woorde, want in die huishouding word daar tuis Pools gepraat. Sy gunsteling woorde is “kukuk Tasiu” wat beteken “pikaboo Tasiu”. Hy is lief vir bad en sy gunsteling kos is meelwurms. “Ek het nooit gedink ‘n wilde voëltjie kan so mak word nie,” sê Lucyna.

Tasiu hou vir Lucyna geselskap in die kombuis.

Maar toe op ‘n dag wat dit boonop baie gereën het, het Tasiu per ongeluk uit die huis gevlieg. Lucyna en haar seun was baie bekommerd en sy het baie gehuil. Maar toe kom Tasiu die volgende dag uit sy eie terug. “Ek kon dit nie glo nie, ek was so bly,” vertel Lucyna. Hy het buite op die lapa gesit en toe sy uitgaan, vlieg hy af en gaan sit op haar arm … en die Kaap was weer Hollands. Lucyna en haar seun is albei groot diereliefhebbers. Lucyna sê sy is veral lief vir haar katte … maar Tasiu het ‘n spesiale plekkie, “maak nie saak hoe baie hy op my gordyne mors nie.”

Tasiu bekyk die berig oor homself wat in die Herald se susterskoerant Vaalweekblad verskyn het.
Tasiu die mak Mynah-voëltje. https://vaalweekblad.com/90875/ontmoet-tasiu-inwoner-se-mak-mynah/

Related Articles

Back to top button