NewsNewsSportSport

Dakota-ruiters skop jaar op ‘n galop af

Ruiters van die Dakota perdryklub pak 2021 met mening aan.

Lede van dié klub tussen Carletonville en Fochville het vanjaar reeds plekke in verskeie kompetisies ingepalm.

“Ruiters het die jaar goed afgeskop nadat daar in 2020 geen kompetisies was nie,” sê die klub se woordvoerder, Jackie Standing.

Nicole Standing het met haar twee nuwe uitdagende jong perde, Saffier en Hubini, goed afgeskop nadat hulle vinnig van westerse rykuns “Level 0” na “Level 1” en toe “Level 2 Junior” geskuif het. Haar spanmaat, Denika Ras, het op die perd Katima in haar voetspore gevolg en ook vinnig deur die rykuns-vlakke na “Level 2 Child” beweeg.

Die ruiters het dié prestasies tydens kompetisies op 8 en 9 Januarie in Parys, 30 en 31 Januarie in Potchefstroom, 13 Februarie in Parys, 20 en 21 Maart in Bethlehem en 27 en 28 Maart in Dunblane in Benoni behaal.

“Tot dusver het hulle goeie kwalifiserende tye vir WMG (Western Mounted Games) en beoog om weer eens die nasionale span te haal,” sê Standing.

Die finale proewe vir dié span word van 5 tot 7 Oktober gehou. Twee van die klub se ander lede het ook op 27 en 28 Maart begin deelneem.

Nóg ‘n klublid, Rosa van Niekerk, het steeds goed gedoen ondanks die feit dat haar beste perd beseer was. Sy moes op ‘n minder kompeterende perd, Saffier, deelneem.

Hulle het op die tweede dag stof in die oë van die ander deelnemers in die “Level 0 Senior” klas geskop en vier eerste plekke losgeslaan. Hulle is ook as algehele wenners in hul klas gekroon.

 

Related Articles

Back to top button