EntertainmentNewsNews

Sanger haak die knoop deur

Die sanger Juan Boucher, 'n boorling van Vereeniging, het onlangs die knoop met sy liefde van die afgelope 14 maande deurgehaak.

Juan en Shamodene Niemann is op 24 Maart in Modimolle (voorheen Nylstroom) by die Kuthaba Bush Lodge in die eg verbind.
 
Juan Boucher en Shamodene Bouchers (née Niemann) is op 24 Maart in die eg verbind. Foto: Facebook

Die tweetjies het mekaar glo so rapsie meer as ‘n jaar gelede op ‘n passasierskip in Tafelbaai ontmoet.

Shamodene Boucher en haar strooimeisies op haar troudag. Foto: Facebook

Die donkerkopmeisie het hom glo gevra om vir haar sy liedjie “Ons word een” te sing op die dag wat sy trou.

Juan het vir Shamodene sy liedjie “Ons word een” gesing op hul troudag. Foto: Facebook

Juan het toe ingestem om dit te doen, maar net op die dag wat sy met hom trou.

 

Related Articles

Back to top button