NewsNews

Protesoptrede in Peacehaven veroorsaak verkeersvloeiprobleme in Vereeniging

Verkeersvloei in Vereeniging is Dinsdag 6 April erg ontwrig weens protesoptrede in Peacehaven.

Inwoners se frustrasie oor die kragsituasie in Peacehaven het in verkeersvloeiprobleme omgesit toe inwoners besluit het om Golfweg en Generaal Hertzogweg gelyktydig tydens spitsverkeer te versper met brandende bande, takke en gebreekte bottels.

Padversperrings in Golfweg naby die NG Gemeente Peacehaven. Foto: Christiaan Cloete

Dit is blykbaar die 11de dag sonder krag in die buurt.

Die polisie staan by die ingang van die Barnyard-teater in Vereeniging en waarsku motoriste om liefs ‘n ander roete te gebruik. Foto: Christiaan Cloete

Dit volg nadat ‘n transformator ontplof en ‘n substasie afgebrand het.

Frustrasie borrel in Peacehaven oor oor swak dienslewering. Foto: Christiaan Cloete

Terwyl die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit nog nie antwoorde kon gee van hoe lank dit gaan vat om die kragtoevoer te herstel nie, blyk dit of meer protesoptrede en verkeersprobleme Vereeniging se voorland is vir die volgende paar dae.

 

 

 

KYK: Protesoptrede in Peacehaven veroorsaak verkeersvloeiprobleme in Vereeniging:

 
 
 

Related Articles

Back to top button