NewsNews

Kyk: Slaghuis-wag sterf tragies in roof

Lerato Siyoko,’n 23-jarige sekuriteitswag van Afri-Guard Security , het gisteroggend tragies gesterf toe hy drie verdagtes by die Triptiek Slaghuis in CW6 in Vanderbijlpark probeer aankeer het. Die drie verdagtes het met ‘n gesteelde bankkaart probeer vleis koop, waarna die kassier Elaine Roth alarm gemaak het. Die wag het die verdagtes probeer aankeer en is …

Lerato Siyoko,’n 23-jarige sekuriteitswag van Afri-Guard Security , het gisteroggend tragies gesterf toe hy drie verdagtes by die Triptiek Slaghuis in CW6 in Vanderbijlpark probeer aankeer het.

Lerato Siyoko wat vanoggend net na 07:00 tragies in ‘n mislukte rooftog gesterf het.

Die drie verdagtes het met ‘n gesteelde bankkaart probeer vleis koop, waarna die kassier Elaine Roth alarm gemaak het. Die wag het die verdagtes probeer aankeer en is in die proses glo met ‘n mes gesteek. Hy het die verdagtes agternagesit en hy is deur ‘n voertuig voor die slaghuis raakgery. Die verdagtes het met ‘n ander voertuig weggejaag.

Die liggaam van die ontslapte Lerato Siyoko lê toegegooi op die ongelukstoneel. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Kyk wat het volgens ooggetuies gebeur

Related Articles

Back to top button