NewsNews

Verspotte ‘steelfoto’ pronk nou op lisensiekaart!

Verspotte ‘steelfoto’ pronk nou op lisensiekaart!

Ek was vandag (16 Maart) by die verkeersdepartement om vir my nuwe lisensiekaart en tydelike lisensie te gaan aansoek doen. Met dié kom ek toe voor by die ontvangs en hulle verwys my na ‘n kantoor met die aanwysing: “Eye Test”. Ek sit toe daar in die ry, en regtig nie lank nie, toe roep hulle my in.
Die meneer, ge-suit en ge-tie, kom sit aan die ander kant van die lessenaar met al die gadgets voor hom, vat al my papiere en kyk daarna en sê: “Please remove your mask, and move back, I need to take a photo”.
Sy het gehoop om eerder só te lyk!
So doen Amri toe presies dit, haal my masker af, skuif my wieletjiesstoel agtertoe en wag dat hy my foto neem. Op daardie oomblik kom nog iemand ingestap en praat met die kêrel wat my foto moet neem.
So nuuskierig soos ek is, gebruik ek die kans om rond te kyk en wag geduldig dat hy my moet sê wanneer hy my foto gaan neem.
Net na die ou uitstap, sê die meneer agter die lessenaar: “Please put your thumbs here”. Ek dog toe ons gaan dan seker later my foto neem, maar toe die liggies afgaan waar ek my duimafdrukke moes gee, kom daar ‘n papier uit die drukker, en die ou sê: “Sign here”.
Nadat ek ge-sign-here het, sien ek tot my skok my “ongeposeerde” foto wat vir die volgende vyf jaar op my lisensie gaan pronk! Tot my bittere spyt!
https://vaalweekblad.com/89661/verspotte-steelfoto-pronk-nou-op-lisensiekaart/

Related Articles

Back to top button