EntertainmentNewsNews

Beeskraal se Storm tref luisteraars se ore soos ‘n verfrissende reënbui!

Die liedjie, wat beskryf word as eg en rou, verskyn op Beeskraal se veertiende vollengte album Afrikana Osbloed wat die jaar vrygestel word.

So beskryf Charles Smidt, voorsanger en stigterslid van die boerepunk-rockgroep Beeskraal, hul nuutste enkelsnit Storm wat pas uitgereik is.

Die liedjie, wat beskryf word as eg en rou, verskyn op Beeskraal se veertiende vollengte album Afrikana Osbloed wat die jaar vrygestel word. Charles sê Storm, wat deur die liriekskrywer en sanger Abel Kraamsaal geskryf is, is een van die heel beste liedjies in Afrikaans.

Die liedjiehandel oor die liefde, maar dit neurie nie op die selfde toonhoogte as borrelgomliefdesliedjies nie (dit is eintlik ‘n sonde om die woord borrelgom en Beeskraal in dieselfde sin te gebruik.)  Dit is diep, dit is hartroerend. Dit is so eg soos ‘n mynwerker se oggendballade aan sy geliefde.

“Maak nie saak hoe kwaad jy vir jou geliefde is nie; as jy werklik jou sielsmaat gevind het en julle mekaar elke dag koester, sal julle enige storm kan weerstaan en mekaar altyd nodig hê,” sê Charles.

Die koorgedeelte van die liedjie eggo ook sy woorde: “… jy bly storm, jy blyk waad, jy blyl iefde so tussendeur die haat, maar jy bly verlossing in die oggend as ek na jou vra.”

Beeskraal,wat ook met heelwat toekennings bekroon is, het 21 jaar gelede ontstaan. Binne ‘n paar maande was hulle op elke liewe student se bierasem. Hulle was die skakel tussen die destydseV oëlvry-beweging en die nuwe generasie se Fokof Polisiekar. Hulle ondersteuners het saam met hulle ouer geword, maar hulle kinders en (selfs) kleinkinders aan Beeskraal se eg Suid-Afrikaanse klanke bekendgestel. Charlie sê die groep se sukses kan toegeskryf word aan die feit dat hulle nie wegbeweeg het van hulle oorspronklike klank en styl nie.

‘n Mens peuter net nie aan ‘n wenresep nie, sê hy. “Ons het deur die jare met verskillende styl, soos baie internasionale groepe ook maar doen, geëksperimenteer.  Met twee van ons albums het ons van ons styl af wegbeweeg. En dít het nie gewerk nie. Ons het besluit om by ons wortels en oorspronklike klank te bly soos AC/DC en die Stones. Om altyd by tye en by nuwe groepe se style aan te pas werk nie altyd nie. Ons dink die Boere punkresep werk omdat ons die eerste groe pin Suid-Afrika was wat met die styl geëksperimenteer het,” sê Charles.

Die groep het deur die jare verander; ou lede het die groep verlaat en nuwe lede het dromme geslaan. Dit is waarom die liedjie ook so lekker is. Baie van die oorspronklike lede van die groep, waaronder Jasper van Rensburg, het aan die opname van die liedjie deelgeneem.

Storm is nou wel net ‘n varsgepakte Adam Kraamsaal-weergawe, maar Dawie de Jager (oud-Klopjagman) het tydens die opname en musikale verwerking van die snit Beeskraal se boereklanke en stylbehou. Enige Beeskraal-aanhanger sal hulle diepe waardering vir die liedjie uitspreek.

Dit is Beeskraal op hulbeste.

Kyk na Beeskraal se nuutste musiekvideo hier: https://youtu.be/esRtgiY50kM

 ******************************************************************************************

Related Articles

Back to top button