NewsNewsSportSport

Kragoptellers van Fochville verwerf Protea-kleure

Twee kragoptellers van Fochville het die afgelope naweek gewys dat hulle van die beste in hul sport in die land is.

Twee neefs, Johan en Roelof Smith, wat albei by die Iron Grip Gym buite die dorp oefen, het Saterdag aan ‘n nasionale kompetisie in Potchefstroom deelgeneem. Die twee het ander deelnemers behoorlik ore aangesit. Johan, wat in die 120 kg-afdeling meegeding het, het die eerste plek in die “raw benchpress”afdeling ingepalm nadat hy 240 kg opgelig het.

Hy het ook die “equipped bench press”afdeling gewen nadat hy ‘n allemintige 300 kg opgelig het. Johan se prestasies was so goed dat hy die toekenning as die algeheel beste kragopteller tydens die byeenkoms ingepalm het. Hy verwerf ook Protea-kleure in die sportsoort. Roelof, wat in die 120+ kg afdeling meegeding het, het die eerste plek in die “equipped bench press” afdeling ingepalm nadat hy 225 kg gelig het.

Hy het die derde plek in die “raw benchpress” behaal nadat hy 192.5 kg gelig het. Roelof se prestasies verseker dat hy ook Protea-kleure ontvang. Fochville gaan weer oor ‘n week of wat die middelpunt van aktiwiteite in die sportsoort wees wanneer die Suid-Afrikaanse nasionale “equipped” kragoptelkampioenskap op 26 en 27 Maart by die Iron Grip Gym gehou gaan word.

Related Articles

Back to top button