NewsNews

Verdagte erken hy wou getuie intimideer

Een van die twee mans wat in November verlede jaar deur die polisie se provinsiale eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) in hegtenis geneem is, het onlangs op ‘n ander saak skuld erken.

Dié 52-jarige man van Deelkraal is op 5 November in hegtenis geneem nadat hy na bewering onwettige dade met minderjarige seuns gepleeg het. Die man is van die verkragting en onsedelike aanranding van kinders aangekla en borgtog is op 13 November aan hom toegestaan. Dieselfde man is weer op 20 Februarie deur die polisie in hegtenis geneem.
Dié man, wat steeds in Deelkraal woon, is van intimidasie aangekla nadat hy probeer het om getuies te beïnvloed om die verloop van nóg ‘n ondersoek teen hom te verander.
Hy het op 1 Maart in die landdroshof in Oberholzer verskyn en het skuldig gepleit op die aanklag teen hom. Hy is ‘n boete van R3 000 of gevangenisstraf van ses maande opgelê.

Related Articles

Back to top button