NewsNews

Merafong se krieketklub skuif na Carletonville

Die Wolves Krieketklub, voorheen bekend as Merafong Krieketklub, het hul wortels in Carletonville kom plant.

Dié klub, die enigste krieketklub in die omgewing, sal in die toekoms hul oefening en voorbereiding vir hul liga by Hoërskool Carletonville se nette voortsit. Die klub se voorsitter, Daniël Naude, nooi alle belangstellendes om op Maandae en Woensdae vanaf 16:00 tot 18:00 saam te kom oefen. Streng Covid-19 regulasies sal tydens oefening gehandhaaf word. Die klub ding mee in die Noordwes Promosie-liga en hul eerste wedstryd vind eerskomende naweek teen die klub van Vaal Reefs by Victoria Park in Orkney plaas. Die res van hul liga bepalings is ook reeds in plek. Die Wolves sal op 13 Maart teen Wolmaransstad op laasgenoemde se velde speel en sal op 3 April The Geek Academy die stryd aansê. Dié wedstryd sal tuis gespeel word, maar die plek van die wedstryd sal nog aangekondig word. Die Wolves sal op 10 April in nog ‘n ligawedstryd teen die span 9T20 11 van Potchefstroom speel. Dié wedstryd sal op die velde van Potch Boys High beslis word. Verdere liga bepalings en datums sal na afloop van dié wedstryd bekend gemaak word. “Ek is baie opgewonde oor die nuwe seisoen en ons nuwe oefenvelde en sien baie uit na die 2021 krieketseisoen. Ons nooi weer eens alle belangstellendes uit om saam te kom oefen en Merafong op die krieketveld te gaan verteenwoordig,” het Naudé Dinsdag aan die Herald gesê. Vir navrae kan hy by 082 055 2879 gekontak word.

Related Articles

Back to top button