NewsNews

Verdagte op nóg ‘n saak vasgetrek

Een van die twee mans wat in November verlede jaar deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS), gearresteer is, is dié week in verband met nóg ‘n saak vasgetrek.

Een van die twee mans wat in November verlede jaar deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS), gearresteer is, is dié week in verband met nóg ‘n saak vasgetrek. Dié 52-jarige man van Deelkraal is op 5 November gearresteer nadat hy na bewering onwettige dade met minderjarige seuns gepleeg het. Die man is van die verkragting en onsedelike aanranding van kinders aangekla en borgtog is op 13 November aan hom toegestaan. Dieselfde verdagte is weer Saterdag deur die polisie gearresteer. Dié man, wat steeds in Deelkraal woon, het na bewering probeer om getuies te beïnvloed om die verloop van ‘n ondersoek teen hom te verander en is van intimidasie aangekla. Hy het Maandag in die landdroshof in Oberholzer verskyn.

Related Articles

Back to top button