NewsNews

“Dink soos ‘n Miljardêr” saam met dié waagkapitalis en glinsterpersoonlikheid

Daniel Strauss - Geheime van 'n suksesvolle Suid-Afrikaanse Entrepreneur

Verbeel jouself ’n lewe waarin jou dag begin met lesings vir ’n groep MBA-studente, gevolg deur ’n besoek aan een van jou portefeuljemaatskappye – waar jy eers ’n potjie domino’s saam met ’n paar fabriekswerkers speel, voordat jy met die uitvoerende hoof vergader.

Die volgende dag het jy ’n ontmoeting met een van jou welgestelde beleggers, terwyl jy ’n oproep van ’n bekende persoon ontvang om raad te vra en in die aand is jy en jou vrou (’n voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, Rolene Strauss) by ’n galadinee waar julle skouers skuur met bekende persoonlikhede uit die sakewêreld of vermaakbedryf.

Dit is die besige en hoogsvermaaklike lewe van Daniel Strauss. ’n Man wat nie net sy eie baas is nie, maar ook ’n baie suksesvolle entrepreneur en waagkapitalis wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei.

Hy is die Strauss in die beleggingsbeheermaatskappy, Stocks & Strauss, en skrywer van die nuwe topverkoper, DINK SOOS ‘N MILJARDÊR, wat besig is om Suid-Afrika oor te neem!   Maar dit was nie altyd die geval nie. As kind (hy en sy suster, Dr. Ledivia Strauss, het in ’n klein Suid-Afrikaanse dorpie met die naam Keimoes – op die hange van die Oranjerivier, ongeveer 40 km van Upington en ongeveer 800 km van Kaapstad af – grootgeword) was hy oortuig dat ryk mense slimmer en meer toegerus was as normale mense.

Op ’n dag het ’n toevallige ontmoeting met ’n biljoenêr hom laat besef dat hulle net ‘doodgewone mense’ is. Die verskil is dat diegene wat sukses bereik, weet hoe om “Bo die Lyn” te dink. Hulle het die ingesteldheid van ’n biljoenêr.

“Baie het oor die afgelope paar dekades verander. Jy hoef nie ryk gebore te word om suksesvol te wees nie. Jy kan ongelooflik baie geld in jou leeftyd bymekaar maak. Die meeste mense weet net nie hoe nie…” sê Daniel.

Jy is heel waarskynlik klaar ’n entrepreneur… of dalk wil jy graag een wees. Jy wil jou eie besigheid begin, waar jy die baas is. In DINK SOOS ‘N MILJARDÊR, wat propvol vermaak en nuttige inligting is, verduidelik Daniel wat dit beteken en hoe jy jou lewe kan verander deur jou manier van dink te verander. Hy deel sy suksesgeheime, verduidelik hoe jy kapitaal in die hande kan kry, verklap waar jy die regte mense sal vind om jou te help om jou doelwitte te bereik, en onthul hoe jy jou gedagtes kan bevry van selfopgelegde beperkings, sodat jy uiteindelik soos ’n miljardêr kan dink en self een kan word.

Jou doelwit moet wees om die vermoë te ontwikkel om Bo Die Lyn te dink. Bo Die Lyn is enigiets moontlik,” sê Daniel verder en dan voeg hy – met erns in sy stem, by: “Die metodes, manier van dink en konsepte wat in die boek bespreek word, is soos ’n skalpel in die hand van ’n chirurg. Dit kan goed wees, maar ook groot skade aanrig. Wees versigtig wanneer jy hierdie kragtige toerusting gebruik en probeer om van die wêreld ’n beter plek te maak.” 

Met hierdie boek, wil Daniel genoeg mense se manier van dink verander om ’n omwenteling in die besigheidswêreld te bewerkstellig.  .   Oor die skrywer Daniel Strauss (38) is ’n entrepreneur en waagkapitalis wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei. Hy is ’n makro-optimis en ’n mikro-realis, wat passievol is om welvaart te bevorder en daarvan hou om die volle potensiaal van mense uit verskillende vlakke van die samelewing te ontsluit – veral diegene wat besighede bou.

Hy het ’n B.Eng. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. As MBA-gegradueerde, tree Daniel gereeld op as gasdosent vir die MBA- en ander universiteitstudente. Oor die jare het hy ook verskillende kursusse in plekke soos China, Singapoer, Maleisië en Indonesië bygewoon, wat hy as van onskatbare waarde beskryf. Dit is ook geen geheim dat hy mentorskap as ’n uiters belangrike deel van elke aspek van ’n persoon se lewe beskou nie.

Hy het aan Hoërskool Keimoes gematrikuleer en was ’n kranige rugbyspeler en atleet op universiteit. Hy het op skool uitgeblink in 110 meter-hekkies, wat vir hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe besorg het. Hy was ook die Dux-leerling van sy skool.

Hy woon tans in die Kaapse Wynlande saam met sy vrou, Rolene, en hulle twee seuns.

DINK SOOS ‘N MILJARDÊR is Daniel se eerste boek.

Die boek word uitgegee deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers (www.nb.co.za) en sal aanlyn en in boekwinkels beskikbaar wees vanaf 26 Februarie 2021.

Bestel dit solank hier: https://www.loot.co.za/product/daniel-strauss-the-billionaire-mindset/dlhk-7135-g020

Daniel Strauss – een van Suid-Afrika se blinkste miljardêr-entrepreneurs, deel sy suksesgeheime in ‘n splinternuwe boek wat vandag. 26 Februarie 2021, op die rakke gaan wees.

Related Articles

Back to top button