NewsNews

Hengelaar steeds vermis sedert naweek

Daar word steeds gesoek na Pieter Wilders (30) van Kemptonpark, wat vermis geraak het tydens ’n besoek aan die Vaaldam die naweek.

Pieter se ouma, Alet Joubert, wat in Oranjeville woon en by wie Pieter gaan kuier het, vertel dat Pieter Saterdagmiddag met visstokke op sy boot geklim om vis te gaan vang. Nadat hy nie teruggekeer het nie is daar na hom begin gesoek. Die boot is later die aand op die water gevind met ’n kospakkie en selfoon nog daar binne. Die boot het geen skade aan nie. Volgens Joubert is haar kleinseun reeds as vermis by die polisie aangemeld en soek hulle sedert die naweek na hom. Pieter het glo ’n oorpak gedra toe hy die laaste keer gesien is. Hy is lank van postuur en het rooi hare. ‘n Vriendin van Joubert, Linda Landman, het Dinsdagoggend aan Vaalweekblad vertel dat Pieter teen Maandagaand 18:00 steeds nie gevind is nie. Die Herald se susterskoerant Vaalweekblad kon nie Dinsdagoggend vir Joubert in die hande kry nie. Mense met inligting kan Landman by 081 487 1116 of Joubert by 081 266 5203 skakel.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: https://vaalweekblad.com/86864/hengelaar-steeds-vermis-sedert-naweek/

Related Articles

Back to top button