NewsNews

ArcelorMittal Drie werkers oorlede

Daar is bevestiging ontvang dat al drie die vermiste werkers se liggame gevind is.

VANDERBIJPARK. – Daar is bevestiging ontvang dat al drie die vermiste werkers se liggame gevind is het NUMSA in ‘n mediaverklaring gesê en hul simpatie uitgespreek teenoor die families van die oorledenes. Hulle het ook dankie gesê aan die manne en vroue wat onverpoosd gewerk het om die werkers op te spoor. Dit volg nadat ‘n gedeelte van ‘n 90 m stack by een van die coke batteries meegegee het op Woendsdag, 17 Februarie. Dit het op die beheerkamer geval waar drie werknemers besig was. Solidariteit het ook in ‘n persvrystelling sy innige simpatie en medelye uitgespreek teenoor die gesinne van hierdie werknemers wat deur die tragedie geraak word. “Dit is die derde voorval van die aard by ArcelorMittal, Suid-Afrika (Amsa) se Vanderbijlpark-aanleg in die afgelope 12 maande,” sê Willie Venter, adjunkhoofsekretaris van metaal- en ingenieurswese by Solidariteit. “Dit bring die integriteit van die geboue en strukture by hierdie ou aanleg onder verdenking. Duidelik is dit nie veilig nie en daar moet ʼn behoorlike ondersoek van stapel gestuur word. Ons kan nie toelaat dat nóg voorvalle plaasvind en meer werknemers se lewens in gevaar gestel word nie.” Volgens Solidariteit moet Amsa se bestuur ʼn behoorlike risiko-analise doen om die onderliggende oorsake wat tot hierdie voorvalle aanleiding gee, te bepaal. Hulle voer verder aan dat die integriteit van die infrastruktuur en geboue weens die ouderdom van die aanleg in twyfel getrek word en dat dit ʼn dreigende gevaar vir alle werknemers by die aanleg inhou. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

ArcelorMittal Drie werkers oorlede

 

Related Articles

Back to top button