NewsNews

Vaaldam: Nog sluise oopgetrek

Vaaldam: Nog sluise oopgetrek

Die Department van Waterwese en Sanitasie het gister, Vrydag 12 Februarie, nog twee van die Vaaldam se sluise ooptrek.

Volgens Sputnik Ratau, ‘n woordvoerder vir die departement van Water en Sanitasie, is daar aanvanklik besluit op drie sluise maar die nuutste analise wat gedoen is het getoon dat daar ‘n noodsaaklikheid is om nog twee sluise oop te maak.
Die water word na die Bloemhof Dam gestuur aangesien meer reën verwag word.
Een van die sluise sou gisteroggend om 10:00 (Vrydag 12 Februarie) oopgetrek word en die tweede teen 12:00.
Die totale uitvloei word op ‘n veilige 649m3/s geraam..
Die Vaaldam was op Vrydag 12 Februrie 106,4% vol. Bloemhofdam staan op 112,3% en Grootdraai dam op 103,7%. Sterkfontein dam is nou 97.2% vol.
By Barrage was 11 sluishekke vandag oop.
Lees oorspronklike berig hier: https://vaalweekblad.com/86263/vaaldam-nog-sluise-oopgetrek/

Related Articles

Back to top button