NewsNews

Krokodil in drein toe parmantige likkewaan

Krokodil in drein toe parmantige likkewaan.

Die Diere Beskermings Vereniging (Vereeniging/Vanderbijlpark) se personeel staan altyd slaggereed om diere in nood te help. Groot was hul verbasing egter toe hulle onlangs ‘n oproep ontvang dat daar ‘n krokodil in ‘n diep drein vasgekeer is en dat hulle moet gaan help.

 
“Ons eerste gedagtes was: kan dit waar wees? ‘n Krokodil?,” vertel ‘n woordvoerder van die DBV. “Ons het nog nooit voorheen ‘n krokodil in ons area, behalwe natuurlik dié in aanhouding, teëgekom nie. Maar ons inspekteurs is dadelik soontoe om te gaan help”.
 
 
Daar aangekom vind hulle egter ‘n parmantige likkewaan (ook bekend as Rock Monitor) vasgekeer in die diep drein. “Dit was steeds ‘n probleem, want ‘n likkewaan is ook gevaarlik, maar moes eenvoudig gered word”. Likkewane kan mense met hul stert slaan en het ook ‘n gevaarlike byt.
 
Die inspekteurs is sonder huiwer dadelik af in die diep drein. Dit was ver af tot waar die likkewaan vasgekeer was en ‘n baie lang leer is vir dié doel ingespan. Na ‘n lang gespook is die likkewaan uit die drein gered sonder dat hy of enige van die inspekteurs beseer is. Mnr. Likkewaan is daarna in ‘n veilige area vrygelaat.
 
‘n Inspekteur van die plaaslike DBV op pad na onder in die drein om die likkewaan te red.
Die diep drein waarin die likkewaan beland en vasgekeer was. https://vaalweekblad.com/83735/krokkedil-in-drein-toe-parmantige-likkewaan/

Related Articles

Back to top button