NewsNews

Groot eer vir Fochville kragopteller

n Bekende kragopteller van Fochville het onlangs gehoor dat hy dié sport se hoogste eer ontvang het.

Johan (sr.), beter bekend as Hannie Smith, is op 28 Desember deur die sport se moederliggaan, die International Powerlifting Federation (IPF) in kennis gestel dat hy vir sy uitstaande werk as mans amptenaar tot die organisasie se internasionale “hall of fame” gekies is.
Smith is reeds die afgelope 10 jaar voorsitter van die IPF se tegniese kommissie wat die sport se reëls neerlê. Hy moet in dié hoedanigheid onder meer gereeld as skeidsregter tydens internasionale kompetisies optree.
Die president van die IPF, Gaston Parage van Luxemburg, het Smith van sy prestasie in kennis gestel.
Drie ander kragoptellers is ook tot die “hall of fame” verkies. Tetyana Melnyk van die Ukraïne het as die beste vroue-atleet gekwalifiseer, terwyl die Rus Andrei Konovalov as die beste mans-atleet vir die “hall of fame” gekwaliseer het. Myriam Busselot van België het as die beste vroulike amptenaar gekwalifiseer.

Related Articles

Back to top button