NewsNewsSportSport

Eerste bio-borrel sporttoernooi in Potch

Die bio-borrels se doel is om die spelers in een gesentraliseerde omgewing te huisves.

Daar lê op sportvlak ‘n opwindende en geskiedkundige tyd vir Potchefstroom voor met die eerste groot sportbyeenkoms wat in bio-borrels sal plaasvind. Dié byeenkoms is die Momentum Eendagtoernooi waar ses van Suid-Afrika se top franchise-krieketspanne vanaf 9 Januarie tot 14 Februarie op Senwespark teen mekaar gaan meeding.

Hierdie bio-borrels is vanuit die Covid-19-pandemie gebore aangesien spelers nie andersins aan sportbyeenkomste sou kon deelneem nie. Die bio-borrels se doel is om die spelers in een gesentraliseerde omgewing te huisves. Sodoende word kontak met die publiek vermy en die Covid-19 blootstelling verminder. Natuurlik sal dit die fokus op Noordwes Krieket en die Noordwes-Universiteit se Sport Village plaas.

As almal in een span goed saamwerk, skep dit geleentheid vir ekonomiese groei in Potch in die sin dat meer sportsoorte en toernooie in hier aangebied kan word. Uit ‘n logistieke oogpunt is Potch ideaal, aangesien die fasiliteite wêreldgehalte is en alles net ‘n tree uit mekaar is.

HP Prinsloo, die hoof uitvoerende beampte van Noordwes Krieket, stem saam dat hierdie toernooi ‘n baie goeie geleentheid vir Potchefstroom is om ‘n merk neer te lê as ‘n uitstekende bestemming vir krieket, sowel as ander sportbyeenkomste. “Dit is vir ons by Noordwes Krieket baie positief dat Potchefstroom vir hierdie toernooi gekies is. Dit is goed vir ons borge en die ekstra TV dekking bied ook nog ‘n verdere geleentheid vir blootstelling,” noem Prinsloo, wat einde Desember in kennis gestel is dat die toernooi na Potch geskuif is.

“Spelers gaan tussen Senwespark en die Sport Village in hierdie bio-borrel beweeg. Die spelers het reeds Maandag gearriveer en het Woensdag (gister) begin oefen,” noem hy. Al die wedstryde gaan dagwedstryde wees wat om 10:00 sal begin. Al kan toeskouers nie die krieket lewendig in die stadion kyk nie, kan hulle al die wedstryde op Supersport volg. Dit is die eerste keer dat al die wedstryde op hierdie manier in die Momentum Eendagtoernooi regstreeks uitgesaai sal word.

Related Articles

Back to top button