NewsNews

3 Januarie: Nóg ‘n Merafong-inwoner sterf aan Covid-19

Die Gauteng departement van gesondheid het vroeër vanmiddag die nuutste syfers bekend gemaak.

Volgens dié syfers is 25 nuwe gevalle van die nuwe coronavirus in die Merafong City munisipale gebied aangemeld. Een pasiënt uit ons munisipale gebied is ook die afgelope dag aan Covid-19 oorlede, wat die sterftesyfer op 83 te staan bring.

Intussen is daar nou altesaam 18 159 mense in die Wesrand wat tot dusver positief vir die nuwe coronavirus getoets het.

Van hulle is 9 703 in Mogale City (die Krugersdorp-gebied), 4 976 mense in Rand West City (die Randfontein en Westonaria-gebied) en 3 474 in Merafong.

 

 

Related Articles

Back to top button