NewsNews

Covid-19 eis sover 79 lewens in Merafong

Meer as ‘n duisend nuwe gevalle van die nuwe coronavirus is die afgelope week in die Wesrand aangemeld.

Volgens statistieke van die Gauteng departement van gesondheid het die getal gevalle gister die 17 000-merk oorgesteek en staan dit vandag op 17 220.

Van hulle is 3 356 in Merafong, 4 734 in Randwest (die Westonaria en Randfontein gebied) en  9 124 in Mogale City (die Krugersdorp gebied). Altesaam 382 pasiënte in die Wesrand is tot dusver aan Covid-19 oorlede. Van dié oorledenes het 79 uit Merafong gekom.

‘n Week gelede, op Dinsdag 22 Desember, was daar 16 048 gevalle van die siekte in die Wesrand gewees. Tóé was daar 3 216 gevalle in Merafong, 4 305 in Randwest en net 8 521 in Mogale City. Altesaam 36 pasiënte in die Wesrand is die afgelope week aan Covid-19 dood.

Related Articles

Back to top button