NewsNewsSportSport

Fochville se skopboksers sluit jaar af

Lede van die Fochville XKT Skopboksklub het die jaar met verskeie aktiwiteite afgesluit.

Volgens die klub se afrigter, shihan Jaco Pretorius, het hulle weer vinnig aan die gang gekom na die Covid-19 inperking geëindig het. Verskeie klasse studente het die afgelope paar weke gegradeer na hul vaardighede tydens sessies wat by die Gert van Rensburg-stadion gehou is.

‘n Groep ouers van klublede het ook na afloop van die inperkingstyd gevoel dat hulle saam wil begin oefen. Die groep, wat as Fochville Extreme Taebo bekend staan, wou ook bietjie hul koppe skoonmaak na al die negatiewe dinge van die inperkingstyd. “Die groep was so getrou en entoesiasties oor die oefeninge dat hulle sommer ‘n gradering na geel belde wou doen en dit geslaag het,” sê Pretorius. Hy voeg by dat volwassenes wat sulke vaardighede aanleer, ook in lyn is met die afgelope aksies teen gesingsgeweld, wat iets is waaroor die klub baie sterk voel.  

Related Articles

Back to top button