NewsNews

Vakansie veiligheid – dit is waarna jy moet kyk

Vakansie veiligheid - dit is waarna jy moet kyk

Dit was ’n moeilike jaar, die skooljaar staan einde se kant toe en as jy dalk een van die gelukkiges is wat Desember weggaan vir ‘n welverdiende ruskans, kan jy gerus weer hier lees.

Dié wenke vir vakansie veiligheid is saamgestel deur die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF)

* Jou omheining en hek is jou eerste linie van beskerming. Dit is reeds ‘n afskrikmiddel en voortydige waarskuwing.

* Jou erf is jou tweede waarskuwingsvlak. Oorweeg goeie beligting, sekuriteitstrale en ‘n sirene.

* Jou huis is jou vesting. Maak voorsiening vir sekuriteitshekke, diefwering en ‘n alarmstelsel. Maak seker jy het ‘n noodplan. Veiligheidswenke by die huis:

* Maak seker dat alle hekke en deure in die nag gesluit is en vensters behoorlik op knip is. Hou slegs vensters oornag oop wat behoorlike diefwering het.

* Installeer ’n alarmstelsel met ‘n paniekknoppie – verkieslik gekoppel aan ‘n sekuriteitsmaatskappy. * Maak seker dat alle voertuie gesluit is. Moenie waardevolle items oornag in ‘n voertuig los nie en onthou om jou motorhuis te sluit.

* Pak enige voorwerpe wat teen jou gebruik kan word weg, byvoorbeeld grawe, toue of ‘n leer.

* Kry beligting vir jou erf – wanneer ligte aangaan, word kriminele afgeskrik. * Maak seker dat enige outomatiese hek ‘n bystandbattery het en dat alle afstandbeheer in goeie werkende toestand is.

* Installeer ’n veiligheidshek binne jou woning om byvoorbeeld die voorste vertrekke van jou slaapkamer te skei, of kry ‘n veiligheidskamer met ’n telefoon, paniekknoppie en pepersproei. * Maak seker dat jy alle noodnommers byderhand het, insluitend die polisie, sekuriteitsmaatskappy en ambulans.

Veiligheidswenke terwyl jy weg is met vakansie:

* Los ekstra sleutels by vriende en familie.

* Maak seker dat jou troeteldiere versorg is.

* Vra die bure om ‘n ogie te hou en pos uit die posbus of omheining te verwyder en veilig te hou.

* Draai die stopkraan toe vir in geval ‘n pyp bars terwyl jy nie by die huis is nie.

* Maak seker dat enige elektriese omheining in behoorlik werkende toestand is en ‘n bystand battery het.

* Belê in ligte wat met tydtoestelle funksioneer. * Kontroleer dat elke deur en venster behoorlik toe en gesluit is.

* Maak seker dat jou alarmstelsel behoorlik werk.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/46076/vakansie-veiligheid-dit-is-waarna-jy-moet-kyk/?fbclid=IwAR1cV984Q3ROdPG5RUsQfUE_dEUHxkK5LU2HjkV7yFOoEAKW2tLtZqQVXUY

Related Articles

Back to top button