'n Wolkbreuk gepaardgaande met met 'n haelstorm in sekere dele oor die Vaal het vandag tot groot gevaar en ontwrigting op paaie gelei, en ook tot gevolg gehad dat groot dele van Vanderbijlpark nou weer sonder krag sit.
In Vereeniging het die hewige haelstorm die omgewing in ‘n sprokieswêreld omtower en dit het vir ‘n wyle gelyk of dit in die Vaal gesneeu het. Die storm was weer net na 13:00 verby … en nou word daar gewag dat die kragprobleme vinnig herstel kan word.