CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Pret-kompetisie ten bate van renosters!

Dit kos net R50 om kinders in te skryf vir dié pret foto-skoonheidskompetisie ten bate van 'n baie goeie doel - elke inskrywing sal opreg waardeer word en inskrywingsgeld gaan aangewend word om renosters te beskerm. Dit is 'n wen-wen kombinasie so skryf jul oulike kleingoed en tieners sommer vandag nog in.

Net soos die res van die land, weet plaaslike inwoners ook dat renosters se uitwissing nie toegelaat kan word nie. Daar word gereeld projekte geloods om op enige wyse te help om dié bedreigde sagmoedige reuse te help beskerm. Die Herald en ons susterskoerant, Vaalweekblad, het om die rede besluit om sy deel te doen en ‘n platform aan Insimbi Legacy Projects te bied om hul skoonheidskompetisie ten bate van renosters te loods. Jy kan dus jou deel op ‘n prettige wyse doen en die kompetisie ondersteun.

“Beauty with a cause” is ‘n fotokompetisie met ses afdelings waarin deelgeneem kan word:
Miss Little Rhino Hope: Dogters 2 tot 6
Mr Little Rhino Jack: Seuns 2 tot 6
Miss Rhino Hope: Dogters 7 tot 12
Mr Rhino Jack: Seuns 7 tot 12
Miss Teen Rhino Hope: Dogters 13 tot 16
Mr Teen Rhino Jack: Seuns 13 tot 19 (dit was voorheen 13 tot 16, maar nou 19).

* Soos reeds genoem, beloop inskrywings slegs R50 en daar is pryse op die spel vir al die afdelings se wenners.
(Dit sluit ‘n geskenkpak, sash en sertifikaat in).
Dit moet egter in die lig beskou word dat hierdie vir ‘n baie goeie doel is. Drie onafhanklike beoordelaars sal die onderskeie afdeling-wenners kies.
Die sluitingsdatum is 30 November.

Om in te skryf is maklik:
Stuur ‘n mooi gesigfoto, asook ‘n aanduiding vir watter afdeling ingeskryf word, saam met bewys van betaling na sharon@insimbilegacyprojects.co.za
Bankbesonderhede vir inskrywings:
FNB
Isimbi Legacy Projects NPC
Takkode: 253742
Rekeningnommer: 62742710347
Verwysing: Kind se naam en van

Hier is so paar van die inskrywings wat reeds ontvang is. Moenie wag nie – skryf jou kind ook in vir die goeie doel.

Related Articles

Back to top button