NewsNews

Raadslid in hospitaal na ongeluk

Daleen Venter, wyksraadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (Drie Riviere), is na die hospitaal geneem nadat sy Donderdagmiddag net voor 16:00 in ‘n ongeluk in Houtkopweg betrokke was. Die ongeluk het naby die Dick Fourie-stadion, aan Drie Riviere se kant van die Kliprivier, gebeur. Venter het vermoedelik beheer oor haar …

Daleen Venter, wyksraadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (Drie Riviere), is na die hospitaal geneem nadat sy Donderdagmiddag net voor 16:00 in ‘n ongeluk in Houtkopweg betrokke was.
Die ongeluk het naby die Dick Fourie-stadion, aan Drie Riviere se kant van die Kliprivier, gebeur.

Venter het vermoedelik beheer oor haar voertuig verloor.
Die voertuig, ‘n wit Kia Rio, is teen ‘n walletjie af en het teen ‘n boom tot stilstand gekom.
Dit blyk of die lugsak ontplooi het.
Venter het beserings opgedoen en is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.
Dit is nie bekend hoe ernstig haar beserings is nie.
Venter was die afgelope paar dae baie besig om Drie Riviere se kragprobleme te probeer uitsorteer. Die buurt is al vir 11 dae sonder krag.
Dit blyk nie of ‘n ander voertuig in die ongeluk betrokke was nie.
Daar was wel twee ongelukke wat min of meer dieselfde tyd in die selfde omgewing plaasgevind het.
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.

Daleen Venter se wit Kia Rio is teen ‘n walletjie af en het teen ‘n boom tot stilstand gekom. Foto: Christiaan Cloete
Daleen Venter. Foto: Christiaan Cloete
Daleen Venter se wit Kia Rio is teen ‘n walletjie af en het teen ‘n boom tot stilstand gekom. Foto: Christiaan Cloete

Kyk video hier:

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/80641/raadslid-van-drie-riviere-in-hospitaal-na-ongeluk/

Related Articles

Back to top button