NewsNews

KYK: Vandale ruk en pluk stopteken dat dit skoon skeef staan

Daar gebeur snaakse goed in die aande in die rykmansbuurt van Drie Riviere-Oos in Vereeniging. Soos dié drie vandale wat Vrydagaand skynbaar vir geen rede besluit het om ’n stopteken op die hoek van Hawthorne- en Flamingostraat te vandaliseer. Op geslotekring-beeldmateriaal wat omstreeks 21:45 geneem is kan mens sien hoe drie jongmanne die padteken ruk …

Daar gebeur snaakse goed in die aande in die rykmansbuurt van Drie Riviere-Oos. Soos dié drie vandale wat Vrydagaand skynbaar vir geen rede besluit het om ’n stopteken op die hoek van Hawthorne- en Flamingostraat te vandaliseer. Op geslotekring-beeldmateriaal wat omstreeks 21:45 geneem is kan mens sien hoe drie jongmanne die padteken ruk en pluk. Die padteken het die volgende dag skeef gestaan. Die video is besig om opslae te maak nadat dit onlangs op sosiale media versprei is. “Dit lyk soos drie hoërskoolseuns wat ‘n goeie pakslae kort,” meen ‘n inwoner met wie Vaalweekblad gesels het. Daar is nou ‘n soektog na die seuns gelas. Volgens haar was daar die afgelope tyd ‘n toename in vandalisme in die omgewing.

Die padteken staan koon skeef nadat dit Vrydagaand onder drie kwaaijongens se hande deurgeloop het. Foto: Christiaan Cloete

Kyk video hier:

 
 
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
 

Related Articles

Back to top button