Michael, sy vrou Magda en hul twee seuns het vir jare in Vanderbijlpark gewoon. Hulle het as egpaar naam gemaak in liggaamsboukringe en het in verskeie nasionale kompetisies deelgeneem en spog met ‘n rits titels agter hul name.
Michael was Donderdag, 5 November fluks op sy plaas in die Parys/Vredefort koepel-distrik aan die werk toe hy ’n hartaanval gehad het. Vossie het vroeër jare by die destydse Yskor (ArcelorMittal) gewerk, maar het later diep spore in plaaslike gesonheidskringe getrap as die eienaar van River Side Health Hydro in Vanderbijlpark.
Hy laat sy vrou Magda, sy twee seuns Michael en Henning, twee skoondogters Maria en Elmarie, asook vier kleinseuns, Michael (Vosman), Marco, Zander en Alex agter. Sy roudiens is reeds op 14 November in Vredefort gehou.