NewsNews

Skoonheidskompetisie ten bate van renosters

Net soos die res van die land, weet plaaslike inwoners ook dat renosters se uitwissing nie toegelaat kan word nie. Daar word gereeld projekte geloods om op enige wyse te help om dié bedreigde sagmoedige reuse te help beskerm. Vaalweekblad het om die rede besluit om sy deel te doen en ‘n platform aan Insimbi Legacy Projects te bied om hul skoonheidskompetisie ten bate van renosters te loods. Jy kan dus jou deel op ‘n prettige wyse doen en die kompetisie ondersteun.

Dit kos net R50 om in te skryf en elke inskrywing sal opreg waardeer word. Al die fondse wat deur die kompetisie gegenereer word, sal as betaling vir die veldwagters (anti-poachers) wat die renosters moet beskerm, aangewend word. Mense wat nie aan die kompetisie wil deelneem nie, maar die doel wil ondersteun, kan ‘n donasie maak. Insimbi Legacy Projects is ’n organisasie in Limpopo sonder winsoogmerk. Die spesifieke plek waar dit geleë is, word vir die renosters se veiligheid, nie genoem nie. Besoek hul webtuiste www.insimbilegacyprojects.co.za

“Beauty with a cause” is ‘n fotokompetisie met ses afdelings waarin deelgeneem kan word:

Miss Little Rhino Hope: Meisies 2 tot 6

Mr Little Rhino Jack: Seuns 2 tot 6

Miss Rhino Hope: Meisies 7 tot 12

Mr Rhino Jack: Seuns 7 tot 12

Miss Teen Rhino Hope: Meisies 13 tot 16

Mr Teen Rhino Jack: Seuns 13 tot 16

* Die sluitingsdatum is 30 November. Soos reeds genoem, beloop inskrywings slegs R50 en daar is pryse op die spel vir al die afdelings se wenners. (Dit sluit ‘n geskenkpak, sash en sertifikaat in). Dit moet egter in die lig beskou word dat hierdie vir ‘n baie goeie doel is. Drie onafhanklike beoordelaars sal die onderskeie afdeling-wenners kies.

Om in te skryf is maklik: Stuur ‘n mooi gesigfoto, asook ‘n aanduiding vir watter afdeling ingeskryf word, saam met bewys van betaling na sharon@insimbilegacyprojects.co.za

Bankbesonderhede vir inskrywings: FNB Isimbi Legacy Projects NPC Takkode: 253742 Rekeningnommer: 62742710347 Verwysing: Kind se naam en van

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Skoonheidskompetisie ten bate van renosters

 

Related Articles

Back to top button