NewsNews

Geen dorpsrugby of -krieket vanjaar

Die inperkings om die verspreiding van Covid-19 te keer, het van die sportsoorte in die omgewing byna tot stilstand gedwing.

Volgens Charles van der Westhuizen van die Rams Rugby Akademie in Fochville kan spelers nou begin oefen, hoewel daar volgens riglyne van die Leeus Rygbyunie baie voorsorgmaatreëls getref moet word om die verspreiding van die virus te keer.
Spelers moet byvoorbeeld voor oefeninge vir die virus getoets word, balle moet ontsmet word, daar mag net in blokke van vyf spelers gespeel word en die rugbyveld moet in vier gedeel word.
“Daar is baie regulasies wat toegepas moet word. Finansieel is dit eintlik onmoontlik om dit toe te pas. Die gedagte is om maar die ouens in die gym te hou in die afseisoen en die veld te probeer mooi- en regmaak,” sê hy.
Volgens Van der Westhuizen is daar egter reeds planne in plek om volgende jaar te verseker dat klubrugby groot gaan wees.
Intussen sê Daniel Naudé van die Merafong Krieketklub dat vanjaar se inperkings ook dié sport negatief beïnvloed het.
“Dit lyk of ons eers weer in Januarie gaan begin oefen,” sê hy.

Related Articles

Back to top button