NewsNews

Veldbrande rig miljoene rand se skade in die Fochville en Carletonville omgewing aan

Boere en ander grondeienaars in die omgewing het sover byna R8 miljoen se verliese gelei weens veldbrande in die omgewing.

Volgens die brandbeskermingsoffisier van die Wesrand Distriksmunisipaliteit se sambreel brandbeskermingsorganisasie, mev. Aletta du Preez, is verskeie brande tussen Julie en September aangemeld. Groot skade is vanjaar gelei in die gebied wat deur die Fochville brandbeskermingsvereniging bedien word. Altesaam 23 brande is aangemeld wat altesaam 6 327 hektaar verwoes het. Die skade wat in dié tyd net in die Fochville-omgewing aangerig is, beloop R6 327 000. Fochville was die afgelope brandseisoen die gebied in die Wesrand waar die grootste skade deur brande aangerig is. Intussen is daar ook groot skade in die Gatsrand brandbeskermingsvereniging se gebied, wat Carletonville en die omliggende myn-areas insluit, aangerig. Altesaam 14 brande wat 1 421 hektaar verwoes het, is aangemeld. Altesaam R1 421 000 se skade is in dieselfde tyd aangerig. ‘n Huis is ook tydens een van die brande verwoes, maar gelukkig het geen diere of mense doodgebrand nie.

Related Articles

Back to top button