CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Orion-meteorietreën en donkermaan skouspel

Orion-meteorietreën en donkermaan skouspel

Die komende naweek val die Orion-meteorietreën en donkermaan saam, wat ´n besondere geleentheid vir liefhebbers van die sterrehemel bied om dié skouspel te sien. Die aarde beweeg dan deur ´n gebied in die hemelruim waar besonder baie stofdeeltjies en klein klippies voorkom, wat as verskietende sterre deur die aarde se atmosfeer val. Frik le Roux, amateur-astronoom van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika, sal sterrekykers op Deelfontein met ´n aanbieding deur hierdie unieke gebeurtenis begelei. Die sterrekyk is van die weer afhanklik, maar teen Gazette se druktyd is wolklose nagte vir Vrydag en Saterdag voorspel. Beide aande se sterrekyk sal om 19:00 begin met `n praatjie oor wat meteorreën is en hoe mens dit waarneem. Daarna sal daar deur die teleskope na ander interessante voorwerpe in die hemelruim gekyk word. Beplan om die hele nag te bly, want die beste tyd vir die waarneming is in die vroeë oggendure. Indien dit nie moontlik is nie, kan slegs die eerste deel van die uitstappie bygewoon word.

Bring die volgende saam: •Komberse en kussings om onder te sterre op die grasperk te lê. •Genoeg warm klere en skoene, selfs in die somer is die nagte koel. •`n Flitslig, maar eintlik meer ideaal ´n flou rooi flitslig om notas te maak sonder om die sensitiwiteit van jou oë te belemmer. •Knibbel- en drinkgoed. Filterkoffie sal te koop wees. •`n Verkyker, indien moontlik. Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar. Vir meer inligting oor die uitstappie en om jou bywoning te bevestig, stuur e-pos na gerhard@deelfontein.co.za of SMS na 083 280 9784.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/43378/orion-meteorietreen-en-donkermaan-skouspel/?fbclid=IwAR2Wb23BwZtXr67LyY705R3cIo8ccmZvXLwObQMTDvtJ8rCIRnpICTRuU2o

Related Articles

Back to top button