NewsNews

Eerlikheid bring waardevolle ‘apteeksakkie’ tot by sy eienaar

Eerlikheid bring waardevolle ‘apteeksakkie’ tot by sy eienaar

Die oplettendheid en eerlikheid van ’n jong man van Viljoenskroon het ’n kliënt van die FNB-tak in die dorp onlangs groot skade en verdriet gespaar. Muhammed Awais vertel dat hulle die aand later as gewoonlik die onderneming se deure gesluit het. “Ek wou omstreeks 18:00 gou geld by FNB se outoteller in die dorp gaan deponeer.” Toe die outoteller nie werk nie, het Muhammed oorgeskuif na ’n ander masjien. Nadat hy reeds sy kaart in die masjien gesit het, het ’n plastieksakkie van ’n apteek by die outoteller sy oog gevang – netjies toegevou. Muhammed vertel dat sy eerste gedagte was dat iemand hul medisyne by die teller vergeet het.

uhammed Awais saam met Chris Badenhorst (links) en die sekuriteitsbeampte wat hom gehelp het. Foto: Verskaf

Tot sy groot skok moes hy egter sien dat daar in plaas van medisyne, ‘n aansienlike bedrag geld in die plastieksakkie was. “Die bank se sekuriteitswag het aan die oorkant van die straat gestaan. Ek’t baie hard geskreeu dat hy my moet kom help, en ook onmiddellik vir Chris Badenhorst van die polisie gebel om te kom help.” Muhammed vertel dat hy die sekuriteitsbeampte gevra het om die bank te skakel, en het hy groot lof vir almal wat so vinnig gereageer het om te help. “Gelukkig was daar nie ander kliënte by die teller nie en kon die geld veilig aan die takbestuurder oorhandig word,” het Susan Human aan Gazette vertel. Die regmatige eienaar van die geld se kaart is deur die outoteller gesluk en daar kon die volgende oggend op die sekuriteitskameras duidelik gesien word hoe die sakkie by die teller agtergelaat is. “Die volle bedrag is danksy die hulp van Bo en baie gebede aan die regmatige eienaar terugbesorg,” sê Susan.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/43189/eerlikheid-bring-waardevolle-apteeksakkie-tot-by-sy-eienaar/?fbclid=IwAR08UJ-efbYaDb25QC-nYMwBh5L3fSMLQurV9s6fd0u4S6OmzhheF23whuU

Related Articles

Back to top button