NewsNews

20 September: Covid-19 sterfgevalle styg weer skerp in die Wesrand

Na die Covid-19 sterfgevalle in die Wesrand vir ‘n paar weke bykans stilgestaan het, is dit weer vinnig aan die groei.

Volgens statistieke wat vanmiddag deur die Gauteng department van gesondheid uitgereik is, is daar tot dusver al 276 pasiënte in die Wesrand aan Covid-19 dood. Altesaam 15 mense in die Wesrand is die afgelope week aan Covid-19 oorlede.

Intussen het die getal inwoners in die Wesrand wat positief vir die nuwe coronavirus getoets het, ook al die 14 000 merk oorgesteek, met 14 027 inwoners wat al besmet is.

Daar is nou 2 934 inwoners van Merafong wat positief getoets het, waarvan 2 566 al herstel het, sowel as 7 251 in Mogale City (waarvan 5996 al herstel het en 3 749 in Rand West City, waarvan 3 332 asl herstel het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button