NewsNews

So vertrap beeste grafte

Beeste vertrap grafte

Mnr. Gert van Straaten, ’n inwoner van Viljoenskroon, moes verlede week tot sy ontsteltenis sien hoe beeste geliefdes se grafte en grafstene in die Vredefort begraafplaas vertrap. Mnr. Van Straaten vertel dat hy en sy broer ’n hele trop beeste in die begraafplaas gekry het wat besig was om tussen die grafte te wei. Omgestampte en beskadigde grafstene kon oral gesien word, en dit wil lyk asof die beeste gereeld hier wei, sê hy. Boonop is daar geen toegangsbeheer by die begraafplaas nie. Dieselfde word ook in die begraafplaas in die nywerheidsgebied van Parys gesien, waar beeste knaend enorme skade aan grafte en grafstene aanrig. Ook hier is geen heining of wag wat die beeste uit die begraafplaas hou nie. Klagtes by die munisipaliteit het tot dusver net op dowe ore geval, kla inwoners. Die vraag is: Wie betaal vir die skade aan die grafstene?

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/42543/42543/

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button