NewsNews

Tharina en Laetitia gereed om te pleit, ander nie

Twee van die vier volwassenes wat in September verlede jaar glo by die ontvoering van’n sesjarige leerling van Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark betrokke was en R2 000 000 van haar ouers geëis het vir haar vrylating was gereed om Dinsdagoggend 15 September in die Palm Ridge hooggeregshof te pleit op die aanklagte …

Twee van die vier volwassenes wat in September verlede jaar glo by die ontvoering van’n sesjarige leerling van Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark betrokke was en R2 000 000 van haar ouers geëis het vir haar vrylating was gereed om Dinsdagoggend 15 September in die Palm Ridge hooggeregshof te pleit op die aanklagte teen hulle. Die ander twee het meer tyd nodig gehad om met hul prokureur van die regshulpraad, Martin Botha, te konsulteer. Waarnemende regter Keitumetse Mogale het daarom besluit om die saak tot Donderdag 17 September uit te stel om Botha die geleentheid te gun om behoorlik met sy kliënte te konsulteer. Tharina Human (28), Laetitia Nel (41), Piet van Zyl (51) en Bofokeng Molemohi (25) staan tereg op aanklagte van ontvoering en afpersing. David Mey wat Tharina Human (vermeende meesterbrein agter die ontvoering) verteenwoordig het laat weet dat sy kliënt ’n pleitooreenkoms met die staat wil aangaan in terme van artikel 105 van die strafproseswet. Human het vroeër te kenne gegee dat sy van voorneme was om skuld op die aanklagte te ontken. Stoffel Venter wat namens Laetitia Nel optree het laat weet dat sy kliënt ‘n pleitooreenkoms met die staat wil aangaan in terme van artikel 112 van die strafproseswet. Intussen het dit aan die lig gekom dat die sesjarige kind se ouers in Maartmaand geskei is en dat die kind tans by die pa bly.

Tharina Human, Laetitia Nel, Piet van Zyl en Bofokeng Molemohi in die hof. Foto: Christiaan Cloete
Tharina Human stap weer af na die selle na ‘n vinnige hofverskyning Dinsdag. Agter haar is Laetitia Nel wat op borgtog uit is. Foto: Christiaan Cloete
Piet van Zyl (51), ‘n diabeet, kry glo swaar in die gevangenis omdat daar nie na sy spesiale voedingsbehoeftes omgesien word nie. Foto: Christiaan Cloete
Bofokeng Molemohi moet met sy prokureur konsulteer. Daarom kon die saak nie voortgaan nie. Foto: Christiaan Cloete

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Tharina en Laetitia gereed om te pleit, ander nie

Related Articles

Back to top button