NewsNews

Reuse-rioollek, maar Merafong doen niks

‘n Reuse-rioollek in ‘n erf in Fochville het nou ook vir hul bure ‘n groot kopseer geword, maar die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit doen steeds niks nie.

Volgens twee inwoners van Garsstraat, mev. Joey George en haar man Albert, is hul bure met vakansie en hulle pas hul huis op. Ongelukkig is daar ‘n erge rioollek in die erf van ‘n huis in Lusernstraat wat reg agter dié van hul bure se huis is. Riool stroom uit ‘n mangat in dié bure se agtererf en die riool vloei onder deur die muur in hul bure se erf in. Die probleem was teen Saterdag al só erg dat mnr. George moes help om ‘n wal in die bure se agtererf te bou sodat die riool nie in hul swembad stroom nie. Die huis langsaan het ook al riool in hul erf. Volgens ‘n inwoner van die huis waar die mangat oorloop, duur die rioollek al sowat twee weke en het hulle die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit al telkemale daaroor geskakel. Die George-egpaar sê hulle het ook die munisipaliteit in kennis gestel, maar kry geen hulp nie. * Die Herald het ook die probleem onder die munisipaliteit se aandag gebring.

Related Articles

Back to top button