NewsNews

13 September: Vyf nuwe gevalle van coronavirus in Merafong

Die getal inwoners wat met die nuwe coronavirus besmet is, is steeds aan die groei.

Volgens die Gauteng department van gesondheid is daar nou 2 920 gevalle van die nuwe coronavirus in die Merafong City munisipale gebied. Dit is vyf gevalle meer as gister.

Altesaam 2 513 van dié mense het reeds van die siekte herstel.

Daar is ook 7 201 gevalle in Mogale City en 3 686 gevalle in Rand West.

Tot dusver is daar 261 mense in die Wesrand van Covid-19 oorlede.

Die munisipale gebied wat as City of Johannesburg D bekend staan, en uit areas soos Doornkop, Soweto, Dobsonville en Protea Glen bestaan, het steeds die meeste gevalle van die coronavirus in Gauteng, met 20 002 van hul inwoners wat besmet is.

 

Related Articles

Back to top button