NewsNews

Afrikanermonument by staanplek in middestad verwyder

Die Voortrekkers se Fakkelmonument is Sondagoggend uit Voortrekkerstraat in Vereeniging se middestad verwyder en na ’n nuwe tuiste langs die Vredesmonument, by die Burgersentrum geneem. Die monument het oor die afgelope dekades in vergetelheid by die algemene publiek verval en het oor die afgelope paar jaar ’n gerieflike plakkaatgrond geword vir kennisgewingswat …

Die Voortrekkers se Fakkelmonument is Sondagoggend uit Voortrekkerstraat in Vereeniging se middestad verwyder en na ’n nuwe tuiste langs die Vredesmonument, by die Burgersentrum geneem.   Die monument het oor die afgelope dekades in vergetelheid by die algemene publiek verval en het oor die afgelope paar jaar ’n gerieflike plakkaatgrond geword vir kennisgewingswat wissel van Sangoma-dienste tot goedkoop aborsies.   Lede van verskeie organisasies, insluitend die Federasie van Afrikaansee Kultuurvereniginge (FAK), Vryheidsfront Plus, Voortrekkers, die Genealogiese Genootskap van SA (Vaal) en die Vaaldriehoek se weermagveterane het gehelp om die monument wat ongeveer drie ton weeg op’n vragmotor  te laai.   Die verskuiwing het onder polisiebewaking geskied.   Nadat die monument op die vragmotor gelaai is is dit deur mnr. Japie Engelbrecht na sy nuwe staanplek aangery waar dit afgelaai is.   Vaalweekblad het verlede maand berig dat ’n poging om die monument uit Voortrekkerstraat te verwyder skeefgeloop het toe die polisie ’n stokkie daarvoor gesteek het. Nadat toestemming vir die verskuiwing wel deur die Sedibeng Distriksmunisipaliteit gegee is  kon die standbeeld wel verwyder word.

Die Voortrekkers se Fakkelmonument word by sy staanplek in Voortrekkerstraat verwyder. Foto: Christiaan Cloete
Die verskuiwing het onder polisiebewaking geskied. Foto: Christiaan Cloete
Die Voortrekkers se Fakkelmonument by sy nuwe staanplek by die Vredesmonument. Foto: Christiaan Cloete
Die monument het oor die afgelope dekades in vergetelheid by die algemene publiek verval en het oor die afgelope paar jaar ’n gerieflike plakkaatgrond geword vir kennisgewingswat wissel van Sangoma-dienste tot goedkoop aborsies. Foto: Christiaan Cloete
Daar is nou net ’n leë gat in Voortrekkerstraat waar die Afrikanermonument eens gestaan het. Foto: Christiaan Cloete
 

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: https://vaalweekblad.com/72798/afrikanermonument-uit-staanplek-in-middestad-verwyder/

Related Articles

Back to top button