NewsNews

3 September: Coronavirusgevalle staan steeds nie stil

Die getal inwoners van die Merafong City munisipale gebied wat met die nuwe coronavirus besmet is, styg steeds.

Volgens statistieke wat vroeër vanmiddag deur die Gauteng departement van gesondheid uitgereik is, is daar nou 2 876 inwoners van ons gebied wat met die virus besmet is. Dit is nege gevalle meer as gister. Van hulle het 2 439 reeds herstel.

Intussen is daar 7 032 gevalle in Mogale City, waarvan 5 675 reeds herstel het en 3 549 in Rand West, waarvan 3 004 reeds herstel het.

Daar is ook 92 gevalle wat nie van ‘n spesifieke munisipale gebied in die Wesrand kom nie.

Die munisipale gebied in Gauteng met die meeste gevalle is City of Johannesburg D, wat Doornkop, Soweto, Dobsonville en Protea Geln insluit, met 19 712 gevalle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button