NewsNews

SAPD aggressief tydens motorfietsoptog in Kaap

Dit was gister 'n trotse dag vir menigte in Suid-Afrika toe vreedsame motorfietssaamtrekke regoor die land plaasgevind het onder die optog "Bikers Against Farm Murders & Racism'. Daar is skattings van sowat 41 000 duisend motorfietse wat deur tolhekke beweeg het. Die massa-saamtrek het oral glad verloop - behalwe in Kaapstad wat die polisie aggressief opgetree het.

Daar het die SAPD die pad na die Parlement versper om te keer dat die optog die Parlement bereik. Toe een van die motorfietsryers hierdie versperring oortree, is hy glo met geweld van sy motorfiets afgeruk. Die motorfietsryer het homself verdedig deur na die SAPD lid te slaan en sake het handuit geruk. Ander motorfietsryers het tot die motorfietsryer se verdediging ingetree. Die SAPD het donderskote afgevuur om sake onder beheer te probeer kry. Sowat 15 mens is glo in hegtenis geneem.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

SAPD aggressief tydens motorfietsoptog in Kaap

Related Articles

Back to top button