Daar is die afgelope dag net drie nuwe gevalle van die nuwe coronavirus in die merafong City munisipale gebied aangemeld.
Dit laat ons munisipale gebied se totale infeksies nou tot 2 809 styg. Altesaam 2 411 van dié mense het reeds van die siekte genees.
Elders in die Wesrand is daar nou 6 960 gevalle in Mogale City (waarvan 5 551 al herstel het) en 3 498 in Rand West (waarvan 2 941 al herstel het).
Altesaam 248 inwoners van die Wesrand is al aan Covid-19 oorlede. Dit is vyf gevalle meer as gister.