NewsNewsSportSport

Carletonville se skopboksers vuur en vlam na inperking

Die Carletonville XKT skopboksklub is van dié week af weer byna volsterkte aan die gang.

Die Carletonville XKT skopboksklub is van dié week af weer byna volsterkte aan die gang.
Volgens die klub se hoofafrigter, senpai Chimmy van Winkel, het die klub reeds aan die begin van die maand heropen. Hoewel dit aanvanklik net seniorvegters was wat klasse kon bywoon, is alles van Maandag af terug na normaal met juniors wat nou ook kan deelneem.
Die klub het nie net skopboksers nie, maar ook MMA (gemengde vegkuns) vegters wat aan hul eie sessies deelneem.
Hoewel die klub nou weer vyf dae per week aan die gang is, moet vegters by ‘n verskeidenheid veiligheidsmaatreëls hou om die verspreding van die coronavirus te keer. Volgens Van Winkel is die klub se opening sowel as dié maatreëls in lyn met voorskrifte wat deur die twee sportsoorte se beheerliggame, SAKA (South African Kickboxing Association) en MMA South Africa vasgestel is.
Elke klublid het egter steeds die keuse of hulle wil inkom vir klasse of by die huis wil oefen.
Van Winkel, wat tans SAKA se Gauteng Wes voorsitter is en ook in die streekbestuur van MMASA dien, sê die klub se vegters is deur die inperkingstyd met aanlyn-oefen- en opleidingsessies besig gehou. Hoewel aksies soos daaglikse aanlyn opstoot-uitdagings gehelp het om die jong vegters fiks te hou, was dit net nie so goed as die werklike oefeninge nie.
Enige iemand wat meer wil weet, kan hom by 072 143 9680 skakel.

Related Articles

Back to top button