Volgens statistieke van die Gauteng departement van gesondheid is die getal plaaslike inwoners wat met die nuwe coronavirus besmet is, steeds besig om te styg.
Daar is nou 2 793 gevalle in die Merafong City munisipale gebied, waarvan 2 397 reeds herstel het.
Intussen het die gevalle in Mogale City ook nou tot 6 900 gestyg, met 5 495 wat herstel het, terwyl daar ook nou 3 464 gevalle in Rand West is. Van hulle het 2 909 al herstel.
Altesaam 240 pasiënte in die Wesrand is al aan Covid-19 oorlede.