EntertainmentNewsNews

SA kunstenaars skep aangrypende filmmusiek vir nuwe gruwelfilm, The Unfamiliar

Anna Wolf en Pop Morrison fokus hul spookagtige chemie op die atmosferiese titelsnit vir die nuwe internasionale gruwelfilm

SA kunstenaars skep aangrypende filmmusiek vir nuwe gruwelfilm, The Unfamiliar

“Die liedjie gee die toon weer lank voor jy die film gesien het, op dieselfde wyse as wat die film ‘n merk op jou laat na jy dit gesien het.” – Pop Morrison, vervaardiger/liedjieskrywer.

Alishia van Deventer van Starburst Promotions skryf:

The Unfamiliar
Met fabelagtige, atmosferiese klanke en eteriese uitvoerings is daar ‘n sprokie-gevoel aan The Unfamiliar. Die bygaande video wys Anna Wolf en Pop Morrison wat die liedjie uitvoer, afgewissel met tonele uit die film wat soos spookbeelde verskyn van buite die storielyn. Anna se stem herroep hier die anderwêreldse estetika van Kate Bush en Joanna Newsom soos die snit speel met die dinamiek van hard/sag, helder/donker, met subtiele kompleksiteit. Pop Morrison se vervaardiging loop oor van skreeuende kitare en stemmingsvolle vermenging met weergalmende agtergrondsang. Die somtotaal van al hierdie faktore is ‘n meesleurende en noemenswaardige uitvoering wat skoonheid vind midde-in die okkultiese psigo-drama van die film.

Oor Anna Wolf en Pop Morrison
Anna Wolf is ‘n sangeres/liedjieskrywer en is reeds menigmaal bekroon vir haar prikkelende, aangrypende en hoogs idiosinkratiese musiek. Pop Morrison is die alias van Jamie Morrison, die huidige tromspeler vir Stereophonics en, onder hierdie noemnaam, ‘n eksplosiewe musiekvervaardiger in sy eie reg. Voordat hulle begin skryf het, het die paar ‘n private skakel ontvang om The Unfamiliar te kyk, en om die snit se rigting te bespreek met regisseur en mede-draaiboekskrywer, Henk Pretorius. Anna sê: “Ons het ‘n metaforiese benadering geneem om die immer-bouende, onheilspellende toon van die film oor te dra. Die liries-gedrewe lied is ook ‘n huldeblyk aan die nostalgie wat die film in my gewek het as ‘n aanhanger van The Shining en Hitchcock se Psycho.”
The finale resultaat het die visie van die filmmakers oortref, met Henk Pretorius wat opmerk: “Anna Wolf en Pop Morrison se musiek dra op ‘n droomagtige manier die donker trekkrag van The Unfamiliar oor. Ek het emosioneel geraak toe ek hoor wat hulle saam geskep het.”

Oor The Unfamiliar film | Link to YouTube Trailer
The Unfamiliar is ‘n onafhanklike gruwelfilm wat afspeel in die Verenigde Koninkryk en Hawaii, en ‘n smeltkroes van ontluikende Britse, Europese en Suid-Afrikaanse talent ten toon stel, in die rolverdeling sowel as die produksiespan. Met regie deur Henk Pretorius en vervaardig deur Llewelynn Greeff en Barend Kruger, sien die film vir Anglo-Franse Jemima West (Indian Summer, The Mortal Instruments) in die hoofrol as Britse Militêre Dokter, Elizabeth ‘Izzy’ Cormack, wat terugkeer van die oorlog om haar verhouding met haar vervreemde familie te herstel. Ontsenu deur die vele onverklaarbare insidente in die huis, soek Izzy om hulp by ‘n ondoeltreffende psigiater, voor sy haar man betrek. Hy glo dat Izzy deur PTSV gaan en raai haar aan om te rus en te herstel in Hawaii. Dis daar wat sy ingesleep word in die onderwêreld van Hawaiïese mitologie, soos sy poog om die breedvoerige en elegante raaisel uit te pluis, om ‘n vreesaanjaende, oer-spirituele teenwoordigheid te ontbloot wat by haar familie spook.
https://www.facebook.com/RealAnnaWolf/

Kyk na ‘n uittreksel uit die fliek by hierdie skakel: (….. En heel onder is ‘n skakel om na die lied te gaan luister)

 

Luister/Deel: Anna Wolf en Pop Morrison – The Unfamiliar via Soundcloud | Spotify
https://open.spotify.com/artist/0DpjMYzcA7lY3DawON9HP0

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

SA kunstenaars skep aangrypende filmmusiek vir nuwe gruwelfilm, The Unfamiliar

Related Articles

Back to top button