BlogsNewsNewsOpinions

Dinge by NWU pla my lankal

Lank voordat die dienende visekanselier, professor Dan Kgwadi op die toneel verskyn het, het ek al vrae gehad oor ‘n verdagte transaksie deur die Noord Wes Universiteit. Hierdie transaksie is later in die kiem gesmoor, tereg ook, want die NWU is nie ‘n eiendomsontwikkelaar nie. Nou is ek dankbaar teenoor mnr. Theo Venter wat onlangs in sy brief

Lank voordat die dienende visekanselier, professor Dan Kgwadi op die toneel verskyn het, het ek al vrae gehad oor ‘n verdagte  transaksie deur die Noord Wes Universiteit. Hierdie transaksie is later in die kiem gesmoor, tereg ook, want die NWU is nie ‘n eiendomsontwikkelaar nie.

Nou is ek dankbaar teenoor mnr. Theo Venter wat  onlangs in sy brief aan die media die deksel so effens gelig het op die kan wurms in die midde van die einste universiteit. Duidelik het die pap tussen mnr. Venter en prof. Kgwadi begin aanbrand, wat ook reg is. Mnr. Venter is ontstoke omdat Hans-Jurie Moolman, prokureur in  Potchefstroom, tot die NWU- raad verkies is, net om daarna te hoor dat sy aanwysing nie deur die raad bekragtig is nie. Glo weens ‘n botsing van belange.

Hans-Jurie het in sy hoedanighed as prokureur vrae aan die NWU- raad gestel om sekere onreëlmatighede op te klaar. Dit kom dan  neer op ‘n botsing van belange, aldus die raad. Nou wil ek weet of die botsing van belange ontstaan omdat Hans-Jurie die vrae gevra het of is dit omdat hy  in sy professionele hoedanigheid vir sy dienste betaal word ? Iewers is ‘n slang in die gras.

Ek wil ook soos Hans-Jurie Moolman vir die raad vra wie in die ampswoning van die visekanselier bly, en as dit nie visekanselier is nie, wie betaal vir sy verblyf waar ook al? Is daar ‘n kwotastelsel vir koshuisbewoners, kry kinders van dienende personeel verblyf in die koshuis ten koste van ander studente? Vorder transformasie en regstellende aksies op die Mmabatho- en Vaaldriehoek kampusse ook so fluks soos op die Potch kampus?

Gaan my brief ook deur die voorsitter van die raad en die registrateur gehanteer word soos alle korrespondensie rakende Hans-Jurie Moolman se aanstelling? Of beter nog, gaan die menseregtekommissie ook so baie aandag aan hierdie kwessies gee soos wat die geval was met onskuldige studenteptret wat destyds deur die MRK binne die bestek van ‘n dag as ‘n Nazi Saluut uitgemaak is?

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike publikasie van die brief:

https://potchefstroomherald.co.za/76882/dinge-by-nwu-pla-my-lankal/?fbclid=IwAR07taylV1NFmz_5fCZ4R-KRoAT7R8OFJXkXF5vdoTFxwVf1kd9XQLfiX-4

Related Articles

Back to top button