NewsNews

21 Augustus: Meer as 13 000 coronavirus gevalle in die Wesrand

Die getal inwoners van die Wesrand wat postief vir die nuwe coronavirus getoets het, het nou die 13 000-merk verby gesteek.

Volgens statistieke wat vroeër vanmiddag deur die Gauteng department van gesondheid vrygestel is, is daar nou 13 001 inwoners wat met die nuwe coronavirus besmet is.

Van húlle is 2 756 in Merafong, 6 768 in Mogale City en 3 386 in Rand West.

Altesaam 2 756 van die gevalle in die Merafong City munisipale gebied het reeds van die siekte herstel.

Tot dusver het 233 pasiënte in die Wesrand al aan Covid-19 gesterf.

Related Articles

Back to top button