NewsNewsSportSport

Skopboksers weer aan die gang

Lede van die Fochville XKT skopboksklub het dié week vir die eerste keer sedert die begin van die inperkingstyd met klasse begin.

Volgens die klub se afrigter, shihan Jaco Pretorius, het hulle Maandag met klasse begin.
Daar is egter talle maatreëls in plek om die klublede se veiligheid te verseker.
“Geen kontak word toegelaat nie en klasse word volgens MASA en SAKA regulasies aangebied,” sê hy.
MASA (Martial Arts South Africa) en SAKA (South African Kickboxing Association) is die twee beheerliggame onder wie se leiding die sport beoefen word.
Hoewel sowat 25 jong vegters al die week terug by die klub was, word die meeste eers begin September terug verwag.
Volgens Pretorius is enige iemand welkom om by die klub aan te suit.
Daar is selfs ‘n Covid-19 kopskoonmaak fiksheidsklas waaraan ouers kan deelneem.
Enige iemand wat meer wil weet, kan Pretorius by 083 308 4312 skakel.

Related Articles

Back to top button